WAT MOET EK WEET VOOR EK MY AANLYN OUDISIE INSTUUR?
TONEELSPELERS:
Jy kan enige monoloog, gedig of stuk voorberei.
Indien jy nie jou stuk beskikbaar het nie, kan jy een van die volgende stukke by die oudisie lees met soveel gevoel as moontlik:
Die beoordelaars se beslissing is finaal en die uitslae word kort na die oudisies bekend gemaak.
Sean van Noordwyk
Armand Aucamp
Vilje Maritz
HOEKOM MOET EK DIE KANS VAT?
1. Daar is geen ander geleentheid in Suid-Afrika soos hierdie nie.
2. Jy kan jou talent ten volle uitleef en doen ondervinding van ‘n leeftyd op.
3. Jy kry die geleentheid om direk met bekendes in die vermaaklikheidsbedryf te werk.
4. Die Kortfilm stel jou bloot aan duisende kykers van regoor die land en gee jou die geleentheid om raakgesien te word.
5. In die era waarin ons leef kan sukses nie aan ‘n ouderdom gekoppel word nie. Al is jy nog jonk kan jy op die kantlyn reeds aan jou loopbaan begin bou.
Al is jy ouer, kan jy steeds jou passie uitleef, dit is nooit te laat nie!
Aanlyn Oudisies sluit 18 Junie 2023
Met ons Aanlyn Oudisiesisteem word daar verwys na ‘n videogreep wat jy opneem en via ons webtuiste oplaai. Hierdie videogreep word dan beoordeel deur ons paneel. Terugvoering word dan daarna deurgegee.
WAT GEBEUR AS MY OUDISIE SUKSESVOL IS?
1. Jy word genader om in ‘n Kortfilm te speel wat op nasionale televisie uitgesaai word.
2. Jy ontvang ‘n mentor (een van ons land se bekendes) wat jou voorberei vir jou rol.
3. Jy vorm deel van ‘n kursus van 4 maande in lengte waartydens jou standaard verbeter word vir die Kortfilm. Kursus word aanlyn aangebied met 1 werkswinkel per maand. Werkswinkels word in Gauteng en die Kaap aangebied.
4. Daar is ‘n koste verbonde aan die kursus. Kliek hier vir kostes.
RESENSIES
Hierdie akteurs was deel van die eerste kortfilms. Luister na hul ervaring:
Marisca Horne
Goeie dag ABS Produksie, Ek wil julle persoonlik bedank, vir al julle harde werk, professionaliteit, passie, leiding, geduld en liefde wat elke liewe een van julle met ons gedeel en hanteer het. Ek salueer elke liewe een van julle. Ek het al met baie mense in my lewe te doen gekry, en as ek se ek het nog nooit mense gesien wat so baie passie het bedoel ek dit. Julle het elke liewe toneel, elke beweging elke oomblik met soveel deernis hanteer. Julle tydsberekening was fenomenaal, met elke toneel. Komunikasie was perfek ek kan vir dae aan gaan watse wonderlike ervaring die naweek gebeur het. Vilje was absoluut professioneel en baie goed met tydsberekening. Die lesse wat deur gegee is van al die mentors, almal het ongelooflike passie wat hulle na ons toe oor gedra het. Ek kan ń miljoen keer se Baie dankie….. julle is in my hart… Kind Regards, Marisca Horne
Onbekend
So baie dankie vir die geleentheid wat julle die kids gegee het en vir julle awesome span! Ons is dankbaar vir julle. Baie voorspoed en seën vir julle en met alles wat julle aanpak Zante-Mari het dit verskriklik baie geniet en het so baie geleer. Jammer dit is verby, maar so dankbaar dat sy deel kon hê in dit! Baie dankie! Groete 🙂
Ilze
Nogmaals 1000de dankies vir n onvergeetlike paar dae. Ek dink nie julle besef hoeveel dit vir die kinders beteken nie. Lekker rus🤗 Liefde Ilze(Kylie se ma)
Kylie de Klerk
Liewe ABS Produksies (Anthonie) en Via, Daar is net een woord wat die afgelope naweek kan beskryf tydens die skiet van die kortfilm, en dit is “ONBESKRYFLIK”! Baie dankie vir die geleentheid om my passie te kon uitleef, dit was n droom wat waar geword het. Nou weet ek verseker dat ek dit verder wil vat en aan nog sulke werkswinkels wil deelneem. Ek sal laasweek Saterdag tot Maandag enige tyd oor aanpak. Baie dankie vir die ongelooflike geleentheid en ek hoop om julle weer in die toekoms te sien! Baie dankie ook aan die hele filmspan wat mens so gemaklik laat voel het, en n GROOT dankie aan Vilje, n mentor 1000. Geen woorde sal my en my ouers se dankbaarheid kan beskryf nie. Liefde Kylie de Klerk en ouers (Michael en Ilze)
Thania van der Lith
Goeiemore In plaas van 'n e-pos om ons ervaring en waardering uit te druk het ons besluit om dit in 'n kort video te omskep. Woorde is nie genoeg om te beskryf hoe dankbaar ons is om deel te kon wees van die asemrowende belewenis nie. Ons bedank VIA, ABS Produksie, Anthonie Bougas, Antoinette, Viljé en Albert Maritz. Hoop om weer saam met julle te kan werk in die toekoms. Groete Thania van der Lith