Daar is BEURSE wat toegeken word vir persone wat baie talentvol is. Dit beteken dat daar vir hierdie kandidate geen koste aan die kursus is nie.

Indien jy wel kwalifiseer en die beoordelaars voel jy het die kursus steeds nodig, neem dan kennis van die volgende:

Elke student ontvang:

1. ‘n Rol in ‘n kortfilm. Hierdie word tussen November 2023 en Februarie 2024 verfilm (verfilming neem ongeveer 2 dae)
2. 4 Werkswinkels. Elke werkswinkel sal een Saterdag / Sondag per maand plaasvind (Junie tot September 2023). Werkswinkels sal in Wes-Kaap en Gauteng omgewing plaasvind.
3. Aanlynklasse per maand (vir 4 maande). Elke student ontvang 1 mentor wat hom/haar lei deur die klasse. Elke student sal eenkeer per maand gebel word om die opdragte van die maand te assesseer. Elke mentor bied 1 aanlynklas per maand aan (met ander woorde 3 aanlynklasse).
4. Kortfilms vir toneelspelers in die Wes-Kaap / Oos-Kaap word in die Suidelike deel van Suid-Afrika verfilm. Kortfilms vir toneelspelers in Gauteng / Noordwes / Mpumalanga / Vrystaat / Noord-Kaap / Kwazulu-Natal / Limpopo se opnames vind plaas in die noordelike deel van Suid-Afrika.


Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om studente ‘n hupstoot in die vermaaklikheids industrie te gee. Ons glo en vertrou dat elke student hul droom in hierdie 4 maande periode sal uitleef.

Koste van Kursus: R15,000. Afbetalings opsies is beskikbaar.

Skakel 067 748 1189 vir meer inligting en kostes